Top rivier toere* in Parys

Die beste *river rafting in Parys

Rafting trip Parys

Man oorboord

Afslag beskikbaar vir:

  • Skoolkinders en studente
  • Groter groepe
  • Skole en personeelfunksies
  • “Bachelor” partytjies in Parys
  • Voorwaardes geld

Navrae

Keuselys vir riviertoere in Parys (river rafting)

1:   Rocky Ridge na Sunwa: R295.00 pp
Tydsduur en moeilikheidsgraad: 2 tot 2.5 uur; sluit 9 versnellings in.
Versnellings is graad 1 en 2 op standard watervlakke, maar is nog steeds ‘n uitdaging.

2: Parys na Rocky Ridge: R285.00 pp
Tydsduur en moeilikheidsgraad: 3 tot 3.5 uur; sluit 7 versnellings in.
Die versnellings is graad 1 tot 3 op standard watervlakke, maar is nog steeds ‘n uitdaging.

3: Parys na Sunwa (voldag): R495.00 pp
Tydsduur en moeilikheidsgraad: 5 tot 8 uur; dit sluit ‘n graad 3 versnelling, sowel as die “suicide mile” in. ‘n Ligte middagete is ingesluit in die pakket.

4: Begin roei vanaf die dorp, slaap oor op ‘n onbewoonde eiland (geen geriewe nie, alles word saamgeroei), en roei die volgende dag tot by Sunwa.
Minimum van 10 persone. Prys: R495.00 pp.

Kosteberekening

Neem die volgende in ag in jou beplanning:
Wat:       Aktiwiteit, tydsduur, spyseniering, akkommodasie
Waar:     Vaalrivier, Parys/Vaalrivier Deneysville/Oranje rivier
Wanneer:    Datum en tyd van aankoms en vertrek
Rede:        Wat word beplan: pretdag, spanbou, verjaarsdagpartytjie, “bachelor’s partytjie in Parys, akkommodasie.

FAQs:

Kan beginners ook roei?
Ervaring is nie nodig nie. Na die roei-instruksies en ‘n veiligheidspraatjie, behoort enigeen dit te kan doen onder die leiding van ervare gidse.

En as ek nie kan swem nie?
Elke persoon ontvang ‘n “safety jacket” en met die hulp van die gidse, is dit baie veilig.

Hoe veilig is dit? Dit is baie veilig, veral as almal binne die reëls bly. Dit is egter ‘n buitelugavontuur en gevolglik is daar altyd risiko’s aan verbonde. 

Kan kinders ook roei? Op standaard watervlakke op die Vaalrivier , 15m³ to 20m³,
definitief. Hulle geniet dit geweldig.

Watter soort bote word gebruik? Ons gebruik twee-man opblaasbote (ook genoem crocs) vir rafting op standaard watervlakke. Op hoër watervlakke, maak ons gebruik van groter opblaasbote.

[WPL sf_select_listing=”10″]